Psalms 139:1-6

Psalms 139:1-6 ABA

Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U het tot diep in my gekyk, U ken my baie goed. U weet alles wat ek doen, net U weet dit, U is ver, maar U weet wat ek dink. U weet hoe ver ek loop en hoe lank ek slaap. U weet wat ek doen, oral waar ek gaan. Ja, Here, ek het nog nie begin om iets te sê nie, dan weet U klaar alles wat ek wil sê. U is agter my en U is voor my, U hand beskerm my. Ek verstaan nie hoe U alles weet nie, dit is vir my baie moeilik, ek kan dit nie verstaan nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid