Spreuke 6:16-35

Spreuke 6:16-35 ABA

Daar is ses dinge waarvan die Here nie hou nie, daar is sewe dinge wat Hy haat. Dit is wanneer mense hoogmoedig is, wanneer hulle lieg, wanneer hulle mense vermoor, wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense, wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen, wanneer hulle getuies is wat lieg, en wanneer hulle die een broer met die ander broer laat twis. My kind, jy moet onthou wat jou pa vir jou sê, jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie. Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit elke dag onthou. Dan sal jy weet hoe jy moet lewe, jy sal elke dag en elke nag weet wat jy moet doen. Want die dinge wat jou pa vir jou sê, is soos 'n lamp, die dinge wat jou ma vir jou leer, is soos 'n lig. Iemand wat vir jou sê wat jy moet doen en wat vir jou leer, lei jou op die pad van die lewe. Hy beskerm jou teen die slegte vrou, teen die skelm woorde van die vrou wat nie jou vrou is nie. Jy moenie daardie vrou wil hê omdat sy mooi is nie, jy moenie dat sy jou vang met haar oë nie. Ja, jy kan 'n prostituut kry en jy kan haar betaal met 'n rondebroodjie, maar die vrou van 'n ander man is soos 'n jagter, jy kan die beste wat jy het, verloor, jy kan jou lewe verloor. As iemand kole vuur voor by sy klere ingooi, dan sal sy klere aan die brand raak, of wanneer hy op warm kole loop, dan sal sy voete brand. So sal dit gaan met iemand wat by 'n ander man se vrou slaap, die man wat aan haar raak, sal nie vry wegkom nie, haar man sal hom straf. Wanneer 'n dief steel, dan sal mense altyd dink hy doen verkeerd, ook wanneer hy steel omdat hy honger is. Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het, dan sal hy sewe maal meer moet teruggee, hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is. 'n Man wat egbreuk pleeg, is baie dom, hy is mal. Hy verwoes sy eie lewe wanneer hy dit doen. Hulle sal hom slaan en hulle sal hom verneder, die mense sal aanhou om hom te spot. Want wanneer daardie vrou se man kwaad is, dan is dit soos 'n vuur wat brand. Wanneer hy jou straf oor wat jy gedoen het, dan sal hy nie jammer wees vir jou nie. Hy sal nie geld van jou neem en jou los nie, hy sal nie jou geld neem nie, ook nie wanneer jy vir hom baie wil gee nie.

Versbeeld vir Spreuke 6:16-35

Spreuke 6:16-35 - Daar is ses dinge waarvan die Here nie hou nie,
daar is sewe dinge wat Hy haat.
Dit is wanneer mense hoogmoedig is,
wanneer hulle lieg,
wanneer hulle mense vermoor,
wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense,
wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen,
wanneer hulle getuies is wat lieg,
en wanneer hulle die een broer
met die ander broer laat twis.

My kind, jy moet onthou
wat jou pa vir jou sê,
jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie.
Jy moenie dit vergeet nie,
jy moet dit elke dag onthou.
Dan sal jy weet hoe jy moet lewe,
jy sal elke dag en elke nag weet
wat jy moet doen.
Want die dinge wat jou pa vir jou sê,
is soos 'n lamp,
die dinge wat jou ma vir jou leer,
is soos 'n lig.
Iemand wat vir jou sê wat jy moet doen
en wat vir jou leer,
lei jou op die pad van die lewe.
Hy beskerm jou teen die slegte vrou,
teen die skelm woorde van die vrou
wat nie jou vrou is nie.
Jy moenie daardie vrou wil hê
omdat sy mooi is nie,
jy moenie dat sy jou vang met haar oë nie.
Ja, jy kan 'n prostituut kry
en jy kan haar betaal met 'n rondebroodjie,
maar die vrou van 'n ander man
is soos 'n jagter,
jy kan die beste wat jy het, verloor,
jy kan jou lewe verloor.
As iemand kole vuur
voor by sy klere ingooi,
dan sal sy klere aan die brand raak,
of wanneer hy op warm kole loop,
dan sal sy voete brand.
So sal dit gaan met iemand
wat by 'n ander man se vrou slaap,
die man wat aan haar raak,
sal nie vry wegkom nie,
haar man sal hom straf.
Wanneer 'n dief steel,
dan sal mense altyd dink
hy doen verkeerd,
ook wanneer hy steel
omdat hy honger is.
Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het,
dan sal hy sewe maal meer moet teruggee,
hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is.
'n Man wat egbreuk pleeg,
is baie dom, hy is mal.
Hy verwoes sy eie lewe
wanneer hy dit doen.
Hulle sal hom slaan
en hulle sal hom verneder,
die mense sal aanhou om hom te spot.
Want wanneer daardie vrou se man kwaad is,
dan is dit soos 'n vuur wat brand.
Wanneer hy jou straf oor wat jy gedoen het,
dan sal hy nie jammer wees vir jou nie.
Hy sal nie geld van jou neem en jou los nie,
hy sal nie jou geld neem nie,
ook nie wanneer jy vir hom baie wil gee nie.