Ek bid dat God ons Vader en die Here genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee. Elke maal wanneer ek aan julle dink, dan sê ek vir my God dankie. Elke maal wanneer ek vir julle almal bid, dan word ek bly, want vandat julle die goeie boodskap die eerste maal gehoor het, tot nou toe, help julle my om daardie boodskap na ander mense toe te bring. God het begin om 'n goeie ding in julle harte te doen. Ek is baie seker dat Hy dit sal klaarmaak op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Dit is heeltemal reg dat ek so oor julle dink, want julle is lief vir my. Julle almal dink altyd aan my en julle weet hoe goed God vir my is terwyl ek nou 'n gevangene is en hier kan vertel dat die goeie boodskap reg en waar is. God weet hoe baie ek na julle verlang. Hy weet ek is so lief vir julle soos Christus Jesus lief is vir julle. Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie. Ja, Jesus Christus sal julle help om baie goeie dinge te doen, en so sal julle vir almal wys dat julle God prys en dien.
Lees Filippense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Filippense 1:2-11
5 Days
If you were sitting in a prison--a dungeon--charged with a crime that you did not commit, what would you put in a letter to your friends? Paul's letter to the Philippian church reveals a man filled with joy--even while sitting in a Roman prison. Philippians is a powerhouse of courage and joy in the face of hard trials. Join Kris Langham as he guides you through the book of Philippians.
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ’n uitnodiging in om met God te gesels of iets prakties om te doen. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek: “Leef! Een dag op ’n keer”.
7 Days
How do we respond when life doesn’t go as we planned or when we take a detour? When we’re experiencing change, it’s easy to be overwhelmed with feelings of confusion, anger, and disappointment. But God has something better for us. Learn how you can start embracing change, even in the middle of the messy process.
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's