Markus 1:1-7

Markus 1:1-7 ABA

Die goeie boodskap oor Jesus Christus, die Seun van God, begin soos dit in die boek van die profeet Jesaja geskryf is: “ Ek, die Here, stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en die pad vir jou gereedmaak. Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.” Dit is wat Johannes die Doper in die woestyn gepreek het. Hy het gesê die mense moet verander en lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. Dit sal beteken dat God hulle sondes vergewe het. Al die mense van Judea en Jerusalem het na Johannes toe gegaan. Hulle het gesê hulle is jammer oor hulle sonde, en Johannes het hulle gedoop in die Jordaan-rivier. Johannes se klere was van kameelhare gemaak en hy het 'n belt van leer om sy heupe gedra. Hy het sprinkane geëet en ook heuning wat hy in die woestyn gekry het. Johannes het gepreek en gesê: “Later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid