Jesus het in Jerigo ingegaan en Hy het deur die stad geloop. Daar het 'n man gewoon, sy naam was Saggeus. Hy was die hoof van die tollenaars en hy was 'n ryk man. Hy wou graag vir Jesus sien, hy wou sien wie Hy is. Maar omdat daar so baie mense was, kon Saggeus nie vir Jesus sien nie, want Saggeus was 'n kort mannetjie. Toe het Saggeus verder op die pad gehardloop en hy het in 'n wildevye-boom geklim sodat hy vir Jesus kon sien, want Jesus moes daar verbyloop. Toe Jesus by die boom kom, het Hy opgekyk en Hy het vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis bly.” Saggeus het gou afgeklim en hy het vir Jesus in sy huis ingenooi. Saggeus was baie bly dat Jesus in sy huis wou bly. Maar almal wat dit gesien het, was ontevrede. Hulle het gesê: “Jesus het by 'n sondige man se huis ingegaan om daar te bly.” Saggeus het voor Jesus gaan staan en gesê: “Here, ek belowe ek sal die helfte van alles wat ek het, vir die arm mense gee. En as ek te veel geld van iemand gevat het, sal ek vier maal meer teruggee.” Jesus sê toe vir Saggeus en vir almal wat ontevrede was: “Vandag het God die mense in hierdie huis gered, want Saggeus is ook van die nageslag van Abraham.
Lees Lukas 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 19:1-9
7 Days
Ready to grow as a leader? Craig Groeschel unpacks six biblical steps anyone can take to become a better leader. Discover a discipline to start, courage to stop, a person to empower, a system to create, a relationship to initiate, and the risk you need to take.
A blind beggar crying out desperately by the side of the road, an immoral woman despised as dirty by polite society, a corrupt government employee hated by all – how could any of these people from society’s fringes hope to connect with a holy God? Based on insights from the book of Luke in the Africa Study Bible, follow Jesus as he bridges the gap between God and the marginalized.
7 Dae
Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's