Lukas 14:26-33

Lukas 14:26-33 ABA

“As iemand na My toe kom en hy is minder lief vir My as vir sy pa en ma en vrou en kinders en broers en susters en vir homself, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand saam met My wil kom, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan 'n kruis hang en sterf. As hy dit nie wil doen nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie. 'n Mens moet voor die tyd weet hoeveel iets gaan kos. 'n Man wat 'n wagtoring wil bou, moet eers gaan sit en dink hoeveel dit sal kos, hy moet kyk of hy genoeg geld het om dit klaar te bou. As hy nie genoeg geld het nie, dan sal hy net die fondament kan bou, hy sal nie die toring kan klaar bou nie. Almal wat dit sien, sal hom spot en sê: ‘Hierdie man het begin om iets te bou, maar hy kon dit nie klaarmaak nie.’ 'n Koning wat teen 'n ander koning wil oorlog maak, moet eers planne maak en vir homself vra: ‘Sal ek met my 10 000 soldate kan veg teen 'n koning wat 20 000 soldate het?’ As die koning besluit hy kan nie, dan stuur hy van sy manne terwyl die ander koning nog ver is, en hy probeer vrede maak. So is dit ook met julle. As iemand vashou aan al sy goed, en hy wil nie sê mense kan alles vat nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 14:26-33

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid