Ek is die wingerdstok. Julle is die lote. As julle by My bly en as Ek by julle bly, dan sal julle baie vrugte dra. As Ek nie by julle is nie, dan kan julle niks doen nie. As mense nie by My bly nie, dan sal met hulle gebeur wat met lote gebeur wat nie vrugte dra nie. Die mense gooi daardie lote weg, en dit word droog. Later vat hulle dit en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. Julle moet by My bly, en die dinge wat Ek vir julle sê, moet in julle harte bly. Dan kan julle vir My vra wat julle wil hê en Ek sal dit vir julle gee. As julle baie vrugte dra, en as julle my dissipels is, dan sal die mense weet my Vader is God. “Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees. Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde. Ek sê dit vir julle, want Ek wil hê julle moet so bly wees soos Ek. Dan sal julle regtig baie bly wees. Ek het vir julle gewys hoe lief Ek vir julle is. Nou gee Ek vir julle 'n wet: Julle moet ook so lief wees vir mekaar. Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe.
Lees Johannes 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 15:5-13
3 Dae
Jesus dui in Johannes se evangelie drie noodsaaklike kenmerke van sy dissipels aan. Dit is om in vryheid deur die Woord van God te groei, om ander lief te hê soos Hy ons liefhet, en om ’n vrugbare lewe te leef wat aan God verbind is. Ons gaan hierdie kenmerke van ’n dissipel van Jesus oor die loop van drie dae ondersoek.
4 Days
The Bible commands us to work hard, but it also tells us that it is God—not us—who produces results through our work. As this four day plan will show, the Christian professional must embrace the tension between “trusting” and “hustling” in order to find true Sabbath rest.
God loves you. Whoever you are, wherever you are in your life, God loves you! In this month, when we celebrate love, don't forget that God's love for you is greater than every other love. In this four day series, immerse yourself in God's love.
5 Days
Encouragement from a mom who launched her 7 children and lived to tell about it. Robin Meadows is an author and relationship coach. This plan is part one of twelve in this series.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's