Julle in Galasië moenie so dom wees nie! Ek het vir julle gepreek en so goed verduidelik dat Jesus Christus gekruisig is. Maar dit lyk vir my iemand het julle getoor en julle koppe deurmekaar gemaak. Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het. Julle moenie so dom wees nie! Toe julle begin glo het, het die Heilige Gees in julle begin werk, maar nou wil julle die werk met julle eie krag klaarmaak. Daar het so baie dinge met julle gebeur, en nou lyk dit of dit alles niks gehelp het nie. Ek hoop nie so nie! God gee vir julle die Heilige Gees en God doen wonderwerke in julle gemeentes. Hoekom doen Hy dit? Hy doen dit omdat julle die goeie boodskap gehoor het en dit glo, nie omdat julle doen wat die wette sê nie. Dit het ook met Abraham gebeur: Hy het God geglo en God het hom vrygespreek van sy sonde. Daarom moet julle dit weet: Die kinders van Abraham is die mense wat in Christus glo. Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee: Ek seën jou, en daarom sal Ek ook al die heidene seën. Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.
Lees Galasiërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 3:1-9
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.
15 Days
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's