Eksodus 11

11
Die oudste seuns van die Egiptenaars sal sterf
1Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal die farao en die Egiptenaars nog een maal straf. Daarna sal die farao julle uit Egipte laat gaan. Hy sal sê julle mag gaan, maar hy sal nog meer doen, hy sal julle wegjaag. Dit is seker. 2Sê vir die Israeliete elke man en elke vrou moet silwergoed en goue goed vra vir hulle Egiptiese bure.”
3Die Egiptenaars was baie vriendelik met die Israeliete. Die Here het hulle vriendelik gemaak. Al die Egiptenaars het gedink Moses is 'n baie belangrike man. Al die amptenare en al die mense het so gedink. 4Moses het vir die farao gesê: “Die Here sê: ‘Ek sal in die middel van die nag deur Egipte gaan. 5Die oudste seun in elke familie in Egipte sal sterf. Die farao se oudste seun en ook die oudste seun van die slavin wat by die maalklip koring maal, almal sal sterf.
“ ‘Ook al die bul-kalwers en die ram-lammers wat eerste gebore is, sal vrek. 6Die Egiptenaars sal baie huil. Hulle het nog nooit so baie gehuil nie, en hulle sal ook nooit weer so baie huil nie. 7Maar dit sal nie gebeur by die Israeliete nie. Nie 'n mens of 'n dier sal sterf nie. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, nie met die Israeliete doen soos Ek met die Egiptenaars doen nie.’ ”
8Moses het ook vir die farao gesê: “Al jou amptenare sal na my toe kom en hulle sal voor my buig en sê ek moet weggaan, ek en al die mense wat saam met my wil gaan. Daarna sal ek weggaan.”
Moses was baie kwaad. Hy was woedend en hy het weggegaan van die farao. 9Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nie na julle luister nie, maar dan sal Ek nog meer wonderwerke in Egipte kan doen.”
10Moses en Aäron het al hierdie wonderwerke voor die farao gedoen, maar die Here het die farao hardkoppig gemaak. Hy het nie die Israeliete uit sy land laat gaan nie.

Tans Gekies:

Eksodus 11: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid