Prediker 4:7-12

Prediker 4:7-12 ABA

Ek het nog iets in hierdie wêreld gesien wat nie is soos dit moet wees nie. Iemand is miskien alleen en hy het ook nie kinders of broers nie, maar hy hou aan om hard te werk en hy is nooit tevrede met alles wat hy het nie. Hy sal later dink: Vir wie het ek so hard gewerk? Hoekom het ek self so min van alles gebruik? Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is 'n baie slegte ding. Dit is beter wanneer twee mense saam is, dit is beter as om alleen te wees. Wanneer twee mense saam hard werk, dan kan hulle 'n groter beloning kry, want as een van hulle val, dan kan die ander een hom optel. Maar dit sal sleg gaan met iemand wanneer hy val en daar is niemand om hom op te tel nie. En ook, wanneer twee mense bymekaar lê, dan bly hulle warm, maar as iemand alleen lê, dan sal hy nie warm word nie. Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer 'n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Prediker 4:7-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid