Die Here het vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by Dawid gekom en hy het vir Dawid gesê: “Daar was twee mans in 'n stad, die een man was ryk en die ander man was arm. Die ryk man het groot troppe skape en bokke en beeste gehad. Die arm man het niks gehad nie, hy het net een klein skaap-ooitjie gehad wat hy gekoop het. Hy het die ooitjie grootgemaak, en sy het by hom grootgeword saam met sy kinders. Die ooitjie het geëet van sy bietjie kos en sy het uit sy beker gedrink en teen sy bors geslaap. Sy was vir hom soos 'n dogter. Daar kom toe 'n besoeker by die ryk man, en die ryk man was te suinig om van sy eie skape of bokke of beeste te slag om vir die besoeker kos te gee. Die ryk man vat toe die ooitjie van die arm man en hy slag haar en gee die vleis vir die man wat by hom gekom het.” Dawid het baie kwaad geword vir die ryk man. Hy het vir Natan gesê: “So seker soos die Here lewe, die man wat dit gedoen het, moet sterf. Hy het een ooitjie van die arm man gevat, maar hy moet vier ooitjies teruggee omdat hy hierdie verkeerde ding gedoen het, en omdat hy nie jammer was vir die arm man nie.” Toe sê Natan vir Dawid: “Jý is die ryk man. Die Here die God van Israel sê: Ek het jou gesalf om koning te wees van Israel en Ek het jou gered van Saul. Ek het jou koning laat word ná Saul en Ek het sy vroue vir jou gegee. Ek het jou koning laat word van Israel en Juda. En as dit te min was, dan sou Ek nog baie meer vir jou gegee het. Hoekom was jy ongehoorsaam aan My? Hoekom het jy iets gedoen waarvan Ek nie hou nie? Jy het vir Urija die Hetiet vermoor, jy het sy vrou vir jouself gevat en jy het hom laat doodmaak met die wapens van die Ammoniete. Daarom, daar sal altyd oorlog wees in jou familie, want jy het gewys dat jy dink Ek is nie belangrik nie. Jy het die vrou van Urija die Hetiet vir jouself gevat.
Lees 2 Samuel 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Samuel 12:1-10
12 Days
Conversations With God is a joyous immersion into a more intimate prayer life, emphasizing practical ways to hear God's voice. God wants us to enjoy a running conversation with Him all of our lives—a conversation that makes all the difference in direction, relationships, and purpose. This plan is filled with transparent, personal stories about the reaching heart of God. He loves us!
15 Days
We want to encourage you into a thoughtful, daily, heart-to-heart relationship with God. Millions of readers around the world have turned to the daily devotional, Our Daily Bread for moments of quiet reflection. In just a few minutes each day, the inspiring, life-changing stories point you toward your heavenly Father and the wisdom and promises of His unchanging Word.
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's