Die HERE het toe die profeet Natan na Dawid toe gestuur. Hy het by Dawid gekom en vir hom vertel: “In ’n bepaalde dorpie was daar twee mans. Die een was ryk en die ander arm. Die ryk man het troppe kleinvee en beeste besit. Die arm man het niks besit nie behalwe ’n klein ooilammetjie wat hy gekoop het. Hy het haar versorg en saam met sy kinders grootgemaak. Sy het van die oorskietkos geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot gelê. Sy was vir hom soos ’n dogter. Op ’n dag kom daar ’n besoeker by die huis van die ryk man aan. Hy wou nie ’n skaap uit sy eie kudde vang en as kos voorberei nie. Toe neem hy die arm man se ooilam, slag dit en berei dit voor vir die gas.” Dawid was woedend. “So seker as wat die HERE leef,” sê hy vir Natan, “die man wat dit gedoen het, verdien die dood! Hy moet met vier lammers vergoed vir die ooilam wat hy gevat het en ook omdat hy geen medelye gehad het nie.” Toe antwoord Natan vir Dawid: “Jy is daardie man! Die HERE, die God van Israel, sê: ‘Ek het jou tot koning van Israel gesalf en jou uit die mag van Saul gered. Ek het sy huis vir jou gegee, asook sy vroue en die koninkryke van Israel en Juda. En, as dit nie genoeg was nie, sou Ek jou nog baie meer gegee het. Hoekom het jy dan die woord van die HERE geminag en hierdie verskriklike ding gedoen? Jy het Urija die Hetiet met die swaard laat vermoor en sy vrou gevat. Jy het hom deur die swaard van die Ammoniete doodgemaak! Van nou af sal die swaard ’n permanente bedreiging vir jou familie inhou omdat jy My verag het en Urija se vrou vir jouself toegeëien het.
Lees 2 SAMUEL 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 12:1-10
12 Days
Conversations With God is a joyous immersion into a more intimate prayer life, emphasizing practical ways to hear God's voice. God wants us to enjoy a running conversation with Him all of our lives—a conversation that makes all the difference in direction, relationships, and purpose. This plan is filled with transparent, personal stories about the reaching heart of God. He loves us!
15 Days
We want to encourage you into a thoughtful, daily, heart-to-heart relationship with God. Millions of readers around the world have turned to the daily devotional, Our Daily Bread for moments of quiet reflection. In just a few minutes each day, the inspiring, life-changing stories point you toward your heavenly Father and the wisdom and promises of His unchanging Word.
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's