1 Korintiërs 1:18-25

1 Korintiërs 1:18-25 ABA

Ja, vir die mense wat verlore gaan, is die boodskap oor die kruis iets wat dom lyk. Maar God het vir óns gered, en die kruis wys vir óns hoe sterk God is wanneer Hy ons red. Want in die Ou Testament is geskryf: Ek sal die planne van die slim mense laat misluk, en die dinge wat slim mense dink, sal Ek laat verdwyn. Die wêreld se slim mense, die skrifgeleerdes en die mense wat goed kan dink en praat, beteken niks by God nie. Alles wat God gedoen het, het gewys die dinge wat slim mense dink, is dom. God was reg toe Hy besluit het dat die slim dinge wat die mense van die wêreld dink, hulle nie sal kan help om Hom te ken nie. Die mense van die wêreld sê die boodskap oor Jesus is iets wat dom lyk, maar God het besluit om die mense te red wat hierdie boodskap glo. Die Jode wil wondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor, maar ons bring 'n boodskap dat Christus aan 'n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit 'n groot probleem, en vir die heidene is dit iets wat dom lyk. Maar God het mense gekies, Jode én Grieke, en vir húlle is Christus die Een wat wys dat God sterk is en dat Hy wysheid het. Want die mense van die wêreld sê die boodskap oor Christus is iets wat dom lyk, maar die boodskap wys dat God meer wysheid het as die mense. En die mense van die wêreld sê God het gewys dat Hy swak is toe Hy Christus laat sterf het aan die kruis, maar toe God dit gedoen het, het Hy gewys dat Hy sterker is as die mense.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid