ROMEINE 10:17-21

ROMEINE 10:17-21 NLV

Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê: “Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlik geen volk is nie; Ek sal julle kwaad maak oor ’n volk wat nie julle kennis het nie.” Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: “Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”

Video vir ROMEINE 10:17-21

Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 10:17-21