Net toe Hy die boekrol vat, het die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge in aanbidding voor die Lam neergeval. Elkeen het ’n siter en ’n goue bak vol wierook vasgehou, dit is die gebede van die gelowiges. Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde: “U is waardig genoeg om die boekrol te neem en sy seëls te breek omdat U geslag is en met u bloed mense vir God vrygekoop het, uit elke geslag en taalgroep, volk en nasie. U het hulle vir ons tot konings en priesters gemaak.” Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. Hulle het in ’n magtige koor gesing: “Die Lam wat geslag is, is waardig genoeg om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lofprysing te ontvang.” Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam, kom toe die lofprysing en die eerbetoning, die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.
Lees OPENBARING 5
Luister na OPENBARING 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: OPENBARING 5:8-14
7 Days
Praying for Your Elephant - Praying Bold Prayers
Nearly everyone agrees that this world is broken. But what if there’s a solution? This seven-day Easter plan begins with the unique experience of the thief on the cross and considers why the only real answer to brokenness is found in the execution of an innocent man: Jesus, the Son of God.
12 dae
Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!
20 Days
It is our hope and prayer that the devotionals that follow will warm your heart and lift your spirit as they lead you to lean on the Lord, our Shepherd and our Guide through the valley of grief.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's