SPREUKE 2:7-10

SPREUKE 2:7-10 NLV

Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou. Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.