Jesus het toe by hulle begin tuisbring dat God bepaal het dat Hy, die Seun van die Mens, baie dinge moet ly: Hy sal deur die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifkenners verwerp word. Hy sal doodgemaak word, maar sal ná drie dae weer opstaan. Hy het dit reguit vir hulle vertel. Maar Petrus vat Hom toe eenkant toe en begin Hom ernstig bestraf. Jesus het Hom egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus bestraf met die woorde: “Gee pad agter My, jou satan! Jy dink soos mense dink. Jy dink nie soos God dink nie.” Toe roep Jesus sy dissipels en die skare na Hom toe en sê vir hulle: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis opneem en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe selfsugtig vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My en ter wille van die Goeie Nuus prysgee, sal julle dit juis red. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie. As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader.”
Lees MARKUS 8
Luister na MARKUS 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 8:31-38
4 Dae
Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.
9 Days
New York Times bestselling author and renowned pastor, Timothy Keller shares a series of episodes from the life of Jesus as told in the book of Mark. Taking a closer look at these stories, he brings new insights on the relationship between our lives and the life of the son of God, leading up to Easter. JESUS THE KING is now a book and study guide for small groups, available wherever books are sold.
21 Days
Dr. John MacArthur answers questions on matters of faith, theology, and doctrine. Each day's reading includes additional verse study for a deeper look into the day's topic.
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's