Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit, kom sy dissipels na Hom toe. Hy het begin om hulle soos volg te onderrig: “Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee. Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees. Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig. Gelukkig is dié wat met ontferming uitreik na mense in nood, want God sal Hom oor húlle ontferm. Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien. Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders.’ Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.” “Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. “Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”
Lees MATTEUS 5
Luister na MATTEUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 5:1-16
6 Days
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
7 Days
Taken from Kyle Idleman's follow-up to "Not A Fan," you're invited to find the end of yourself, because only then can you embrace the inside-out ways of Jesus.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
14 Days
Is Jesus really the Lord he claimed to be? In this thought-provoking two-week devotional, featuring insights from the modern classic More Than a Carpenter, you’ll read key arguments for faith from a skeptic turned believer. Josh McDowell set out to disprove the claims of Jesus Christ. But the evidence he found suggested exactly the opposite. So weigh the facts. Experience God’s love. And then watch what happens.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's