Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan. Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.” Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang. Almal wat dit gesien het, het geprotesteer en gesê: “Hy het jou werklik tuisgegaan by ’n sondige man!” Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.” Jesus sê toe vir hom: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man ’n seun van Abraham is.
Lees LUKAS 19
Luister na LUKAS 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 19:1-9
7 Days
Ready to grow as a leader? Craig Groeschel unpacks six biblical steps anyone can take to become a better leader. Discover a discipline to start, courage to stop, a person to empower, a system to create, a relationship to initiate, and the risk you need to take.
A blind beggar crying out desperately by the side of the road, an immoral woman despised as dirty by polite society, a corrupt government employee hated by all – how could any of these people from society’s fringes hope to connect with a holy God? Based on insights from the book of Luke in the Africa Study Bible, follow Jesus as he bridges the gap between God and the marginalized.
7 Dae
Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's