Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.
Lees JAKOBUS 4
Luister na JAKOBUS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 4:7-10
5 Days
When the devil knocks, you don’t always hear it. Right? He’d rather sneak in an open door. He’s the deceiver, destroyer, and accuser who will do anything to cover up God’s love and truth. He didn’t want this Life.Church Bible Plan written, and He definitely doesn’t want you or your LifeGroup to read it. But that’s another battle God's about to win.
7 Days
That perfect relationship you admire one image at a time may not be so picturesque in real life. Right? So, what kind of relationship goals actually work? This Life.Church Bible Plan, written by people ranging from long-married, to single, to newlyweds, will point to the kind of love God can offer for all our relationships.
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.
Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's