“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die HERE se heerlikheid skyn op jou. Duisternis kom oor die aarde, donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die HERE lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid. Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het. Kyk rondom jou. Hulle kom almal bymekaar. Jou seuns kom uit ver lande. Jou dogtertjies word op die heup gedra. Jy sal dit sien, jou oë sal blink, en jou hart sal bons van vreugde, want handelaars van oor die hele wêreld bring hulle skatte na jou, die rykdom van baie lande. Troppe kamele kom na jou toe, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook om daarmee die lof van die HERE te besing. Die kleinvee van Kedar word vir jou gegee. Die ramme van Nebajot is tot jou beskikking. Hulle sal aanvaarbaar wees vir offers op my altare. Ek sal my heerlike tempel nog verder verheerlik. “Wat sien Ek aangesweef kom soos wolke, soos duiwe na hulle neste toe? Die eilande sien op na My, die skepe van Tarsis is heel voor om jou kinders van ver af te bring, saam met hulle skatte, tot eer van die HERE jou God, die Heilige van Israel, want Hy het jou laat skitter met sy glans. “Vreemdes sal jou stede herbou, hulle konings sal tot jou diens wees. Ek het jou in woede gestraf, maar in my genade sal Ek My oor jou ontferm. Jou stadshekke sal heeldag en heelnag oop wees, sodat die rykdom van die nasies na jou gebring kan word en die konings in ’n triomftog die stad binnegelei sal word. Die nasie of koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn en vernietig word. “Die pragtige bome van die Libanon sal na julle toe kom, die woude vol sipresse, platane en denne. Dit sal gebruik word om my heiligdom te versier. My tempel sal heerlik wees.
Lees JESAJA 60
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 60:1-13
4 Days
Jesus reveals himself in Scripture as creator (at the beginning of time), carpenter (with his birth into the home of Joseph), gardener (at the resurrection), and king (in the new Jerusalem). This plan will lead you to a deeper appreciation for each of these appearances and what they mean for the work you do each day.
5 Days
Jesus calls the Church to be the salt of the earth and the light of the world - qualities essential for abundant life. This study explores how we are meant to live as salt and light in our Christian journey.
People often say, “Give God your burdens.” Do you ever wonder: How do I do that? The brokenness of the world feels too heavy. And as much as you desire to shine the light of Jesus, you wonder what that looks like when you struggle to see the light yourself. This devotional looks at how we can be lights for Jesus even when our own world feels dark.
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's