HOSEA 11

11
Die Here se liefde vir Israel
1“Ek het Israel liefgehad toe hy nog ’n kind was. Ek het my seun uit Egipte geroep. 2Maar hoe meer die Baäls#11:2 Grondteks hoe meer hulle. hom geroep het, hoe verder het hy van My af weggegaan. Hulle het aan die Baäls offers gebring en wierook vir afgodsbeelde gebrand. 3Dit was Ekself wat Israel#11:3a, 8 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys. geleer het om te loop; Ek het hom#11:3b Grondteks Hy het hulle. in my arms gedra. Maar hy het nie erken dat dit Ek was wat hom versorg het nie. 4Met mensebande, met toue van liefde het Ek hulle gelei. Ek was vir hulle soos iemand wat die slawering wat teen hulle nek druk, afhaal. Ek het My na hom toe neergebuig. Ek het hom versorg.#11:4 Alternatiewe vertaling Ek het Israel met my toue van sorg en liefde gelei. Ek het die juk van sy nek af opgetel, Ekself het neergebuig om hom te voed.
5“Maar omdat my volk geweier het om na My toe terug te kom, sal hulle teruggaan na Egipte toe; hulle sal dwangarbeid in Assirië moet doen.#11:5 Alternatiewe vertaling Ek wou nie hê dat hy weer na Egipte toe moet teruggaan of dat Assirië oor hom moet heers nie. 6Oorlog sal deur hulle stede woed, die grendels#11:6 Of grootpraters; of waarsêers. sal vernietig word, en weens hulle planne verteer word. 7My volk is vasberade om My te verlaat. Hulle noem My die Allerhoogste, maar hulle eer My nie werklik nie.#11:7 Of Omdat my volk afvallig geword het, sal sommige van hulle opgehang word en ander sal die juk moet dra, ’n juk wat nie afgegooi sal word nie.
8“Maar hoe kan Ek jou prysgee, Israel#11:3a, 8 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys.? Hoe kan Ek jou laat gaan, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, jou maak soos Sebojim? My hart is omgekeer in My, my medelye loop oor. 9Nee, Ek sal jou nie in driftige woede straf nie. Ek sal nie kom om Israel te vernietig nie,#11:9 Of Nee! Ek sal jou nie in driftige woede straf nie. Ek sal nie kom om Israel te vernietig nie ... want Ek is God, en nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat tussen julle lewe. Ek sal nie in toorn kom om julle te vernietig nie.
10“Hulle sal agter die Here aan kom. Soos ’n leeu sal Hy brul. Wanneer Hy brul, sal sy kinders bewend terugkom uit die weste. 11Soos ’n swerm voëls sal hulle vol ontsag uit Egipte kom. Soos duiwe sal hulle uit Assirië terugkeer. Ek sal hulle weer huis toe bring,” sê die Here.

Tans Gekies:

HOSEA 11: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid