Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf. God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak. Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat heilig maak – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie. Want Hy sê vir God: “Ek sal u Naam bekendmaak aan my broers en susters. Ek sal in u gemeente u lof besing.” Hy sê ook: “Ek sal vas op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek saam met die kinders wat God My gegee het.”
Lees HEBREËRS 2
Luister na HEBREËRS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 2:9-13
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's