Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so. Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei. God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit alles het op die eerste dag gebeur. God het beveel: “Laat daar skeiding kom tussen die waters!” So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur. God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die tweede dag gebeur. God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur. God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed. Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur. Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die derde dag gebeur. God het beveel: “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.” Dit het toe so gebeur. So het God die twee groot ligte gemaak: die grootste om in die dag te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook die sterre gemaak. God het hierdie ligte in die hemelkoepel geplaas om die aarde te verlig, die een in die dag en die ander in die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die vierde dag gebeur. God het verder beveel: “Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.” God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede met wat Hy gesien het. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die oseane en laat die voëls op die aarde vermeerder.” Dit het op die vyfde dag gebeur. God het weer beveel: “Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na eie aard.” Dit het presies so gebeur. So het God allerlei soorte wilde diere gemaak, mak diere en diere wat op die grond kruip. God het gesien dit was goed. God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.” God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.” Verder sê God: “Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle om van te eet. Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip.” Dit het so gebeur. God het na sy handewerk gekyk en dit was baie goed. Dit alles het God op die sesde dag gemaak.
Lees GENESIS 1
Luister na GENESIS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 1:3-31
4 Days
When you gave your life to God, you accepted the most generous gift of all. This four-day Bible Plan from Life.Church will help you discover the only rational response. Start reading part four of the six-part Stay Positive series.
If God has called you to be an entrepreneur, then He has called you to thrive in business. However, there is a big gap between ideas and thriving. If this gap is not closed, you will easily become frustrated with the idea and God. This 4-day devotional provides scriptural guidance in learning the basic principles to thrive in entrepreneurship.
5 Days
This plan is for any woman who has ever feared, fallen, risked, failed, prayed, hoped, loved, lost, held on or walked away, been discouraged or felt frozen in time. It’s a message of hope for women who long to see their true worth through the eyes of their heavenly Father, so they can become all He has called them to be.
6 Days
What is truth? Culture is buying the lie that truth is a river, ebbing and flowing with the passage of time. But truth is not a river—it is a rock. And in a raging sea of opinions, this plan will help anchor your soul—giving you a clear sense of direction in a wandering world.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's