Hierdie brief kom van Paulus. Ek is deur God gekies om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ek skryf aan God se mense in Efese, hulle wat in Christus Jesus glo. Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee. Deur sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, het sy geheime plan aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan
Lees EFESIËRS 1
Luister na EFESIËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 1:1-9
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.
21 Days
Ephesians is rich with truths about God and his saving work in us. This plan is designed to help you dig deeper into this text, while learning more about God and yourself. The daily six step rhythm will help you to establish a habit of reading and engaging with God’s Word. This plan is brought to you by the Christian Standard Bible (CSB). Learn more at CSBible.com.
30 Days
Have you ever wondered, “Is it possible to experience joy in all seasons of life?” Carol McLeod believes that God has an enormous joy for you that is within your reach. In this devotional, you will discover how to trust God when life isn’t fair, how to ponder Scripture that transforms your thinking and how to turn disappointment into a heart that rejoices in the middle of uncertainty.
30 dae
Vanuit die pragtige hoogtes van wat God vir sy kinders wil hê, verduidelik die brief aan die Efesiërs hoe om in God se genade, vrede en liefde te wandel. Reis daagliks deur Efesiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's