AMOS 4

4
Israel leer nie
1Luister na hierdie boodskap,
ryk vroue van Samaria.
Julle leef in weelde
soos vet koeie
wat in Basan wei.
Julle buit die armes uit
en vertrap behoeftige mense.
Julle sê vir julle mans:
“Skink sodat ons kan drink!”
2Die oppermagtige Here
het ’n eed geneem:
“Die dag sal kom
wanneer hulle
julle aan hoeke sal wegsleep,
elkeen van julle
soos ’n vis aan ’n hoek!
3Julle sal reguit
deur die openinge
in die stadsmuur gaan.
Hulle sal julle wegvat
na Hermonberg toe.”
Dit is wat die Here sê!
4“Kom na Bet-El
en oortree daar teen God.
Gaan na Gilgal
en doen nog meer kwaad.
Bring julle offers in die môre,
gee elke derde dag
julle tiendes.
5Bring maar julle dankoffer
van suurdeegbrood.
Spog gerus openlik
met julle vrywillige offers!
Julle Israeliete hou mos daarvan
om dit te doen!
Dit is wat die oppermagtige Here sê!
6“Honger en hongersnood
het Ek in elke dorp gebring.
Nogtans het julle nie
na My toe teruggekeer nie.
7“Ek het gesorg
dat dit nie reën wanneer julle
dit die nodigste het#4:7 Grondteks drie maande voor die oestyd. nie.
Ek het vir een dorp reën gegee,
en dit van ’n ander weerhou.
Een stuk grond het reën gekry,
’n ander een het uitgedroog.
8Mense van twee of drie dorpe
het na ’n stad toe gesteier
om water te drink,
maar sonder sukses.
Nogtans het julle
nie na My teruggekeer nie.”
Dit is wat die Here sê.
9“Ek het julle tuine verskroei
en julle wingerde met roes getref.
Julle vyebome en olyfbome
het die sprinkane afgevreet.
Nogtans,” sê die Here,
“het julle
nie na My toe teruggekeer nie.
10“Ek het plae oor julle laat kom
soos destyds oor Egipte.
Ek het julle jong mans
in die oorlog laat sterf
en julle perde afgemaai.
Die reuk van dood
het oor julle gehang.
Nogtans,” sê die Here,
“het julle nie teruggekeer
na My toe nie.
11“Ek het julle dorpe verwoes
soos Ek Sodom en Gomorra
verwoes het.
Dié wat oorleef het,
was soos ’n stuk hout
wat uit ’n vuur gepluk is.
Nogtans wou julle steeds
nie na My toe terugkeer nie.”
Dit is wat die Here sê.
12“Daarom, Israel,
sal Ek al hierdie dinge
wat Ek gesê het
met jou laat gebeur.
Staal jou, Israel,
om jou God te ontmoet!”
13Weet dit: Hy is die Een
wat die berge vorm,
die wind skep,
en sy gedagtes
aan mense bekendmaak.
Hy verander die oggendlig
in donkerte.
Hy loop op die bergtoppe
van die aarde.
Sy Naam is: Die Here God,
die Almagtige!

Tans Gekies:

AMOS 4: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid