1 TIMOTEUS 3:2-8

1 TIMOTEUS 3:2-8 NLV

Want ’n ouderling moet ’n man wees teen wie se lewe niks ingebring kan word nie. Hy moet aan sy vrou getrou wees. Hy moet selfbeheersing aan die dag lê, met wysheid lewe en ’n goeie reputasie hê. Hy moet gasvry wees en onderrig kan gee. Hy moet hom nie aan drank vergryp of gewelddadig wees nie. Hy moet sagmoedig en vredeliewend wees; hy moet ook nie geldgierig wees nie. Hy moet sy eie huisgesin goed kan bestuur en op waardige wyse oor sy kinders gesag uitoefen. Want as ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg? ’n Ouderling moet nie ’n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ’n val te bring. Die buitestanders moet ook goed van hom praat sodat hy nie in die duiwel se strik trap en tot skande kom nie. Op dieselfde manier moet diakens mense wees wat gerespekteer word. Hulle moenie dubbelpraters wees, hulle aan drank vergryp of geldgierig wees nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TIMOTEUS 3:2-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid