Bruistablette vir die lewe (Vitamiene G, H & I)
3 Dae
Die geliefde Susan Coetzer nooi jou op ’n reis na groter lewensvreugde, egtheid en diepte as kind van die Here. In hierdie Bybelleesplan, saamgestel uit Bruistablette vir die lewe, deel sy drie “bruistablette” wat jou help om elke dag met hoop en geloof te leef. Met kort oordenkings uit die Skrif en gebed, geskryf met humor, insig en deernis, spreek dit die moderne vrou se hart aan en moedig dit jou aan om God se teenwoordigheid te ervaar te midde van die alledaagse lewe.