1
JOHANNES 19:30
Afrikaans 1933/1953
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
Vergelyk
Verken JOHANNES 19:30
2
JOHANNES 19:28
Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!
Verken JOHANNES 19:28
3
JOHANNES 19:26-27
En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is u seun! Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.
Verken JOHANNES 19:26-27
4
JOHANNES 19:33-34
maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie. Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
Verken JOHANNES 19:33-34
5
JOHANNES 19:36-37
Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie. En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
Verken JOHANNES 19:36-37
6
JOHANNES 19:17
EN Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota
Verken JOHANNES 19:17
7
JOHANNES 19:2
En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp
Verken JOHANNES 19:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's