JOHANNES 19:28
JOHANNES 19:28 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het geweet al sy werk op aarde was nou klaar. Daarom het Hy gesê: “ Ek is dors.” Hy het dit gesê sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is.
JOHANNES 19:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!
JOHANNES 19:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”
JOHANNES 19:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna het Jesus, omdat Hy geweet het dat alles reeds volbring is, en sodat die Skrif vervul sou word, gesê: “Ek is dors.”
JOHANNES 19:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierna, omdat Jesus geweet het dat alles nou volbring was, sodat die Skrif vervul sou word, sê Jesus: Ek het dors.