JOHANNES 19:36-37
JOHANNES 19:36-37 Bybel vir almal (ABA)
Dit alles het gebeur sodat dit waar kon word wat in die Ou Testament geskryf is: “ Die mense sal nie sy bene breek nie.” Op 'n ander plek in die Ou Testament is geskryf: “ Hulle sal Hom sien, Hy is die Een, hulle het Hom met 'n spies gesteek.”
JOHANNES 19:36-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie. En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
JOHANNES 19:36-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” En verder sê die Skrif op 'n ander plek: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.”
JOHANNES 19:36-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want hierdie dinge het plaasgevind sodat die Skrif vervul sou word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” En 'n ander Skrifdeel sê weer: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.”
JOHANNES 19:36-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie. En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal Hom aansien vir wie hulle deurboor het.