NUMERI 20:8
NUMERI 20:8 Bybel vir almal (ABA)
“Neem Aäron se kierie en roep die volk bymekaar, jy en jou broer Aäron. Dan moet jy met die rots praat, hulle moet sien dat jy dit doen. Daar sal water uit die rots kom. Jy moet vir hulle die water uit die rots laat kom, sodat hulle en hulle diere kan drink.”
NUMERI 20:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
NUMERI 20:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Vat Aäron se kierie en roep jy en jou broer Aäron die volk bymekaar. Julle moet dan in hulle teenwoordigheid met die rots praat, en daar sal water uitkom. Jy moet vir hulle water uit die rots laat kom, sodat die volk en hulle vee kan drink.”
NUMERI 20:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Neem die staf en maak die volksvergadering bymekaar, jy en jou broer Aäron. Dan moet julle voor hulle oë met die rots praat; die rots sal sy water gee. Jy moet vir hulle water uit die rots laat kom en die volksvergadering en hulle vee laat drink.”
NUMERI 20:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Neem die staf en versamel jy die vergadering, jy en jou broer Aäron, en spreek voor hulle oë met die rots; en dit sal sy water gee, en jy moet vir hulle water uit die rots laat uitkom; en jy moet die vergadering en hulle vee laat drink.