YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Rigters 16

1

Rigters 16:20

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Toe sy sê, “Die Filistyne is op jou, Simson!” het hy uit sy slaap wakker geskrik en gedink: “Ek sal uitkom soos elke vorige keer. Ek sal myself losruk.” Hy het egter nie besef dat die HERE van hom gewyk het nie.

Vergelyk

Verken Rigters 16:20

2

Rigters 16:28

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Toe roep Simson na die HERE en sê: “HERE, my Heer, dink tog aan my! Maak my asseblief nog net hierdie keer sterk, o God, sodat ek my vir een van my twee oë op die Filistyne kan wreek.”

Vergelyk

Verken Rigters 16:28

3

Rigters 16:17

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Hy het toe sy hele hart vir haar oopgemaak. Hy het vir haar gesê: “'n Skeermes het nog nooit naby my kop gekom nie, want ek is van die moederskoot af 'n •nasireër van God. As ek geskeer word, sal my krag van my wyk. Ek sal swak word en soos enige ander mens wees.”

Vergelyk

Verken Rigters 16:17

4

Rigters 16:16

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

En omdat sy die hele tyd met haar versoeke by hom geneul het en hom lastig geval het, het hy so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.

Vergelyk

Verken Rigters 16:16

5

Rigters 16:30

Die Bybel 2020-vertaling

AFR20

Daarop sê Simson: “Laat my saam met die Filistyne sterf!” Toe beur hy met alle mag. Die tempel het ingestort op die heersers en al die mense wat daarin was. Die dooies wat hy met sy sterwe omgebring het, was meer as dié wat hy in sy lewe omgebring het.

Vergelyk

Verken Rigters 16:30

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
Afrikaans (South Africa)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest