1
MARKUS 14:36
Nuwe Lewende Vertaling
“ Abba ” – dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.”
Vergelyk
Verken MARKUS 14:36
2
MARKUS 14:38
Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ’n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.”
Verken MARKUS 14:38
3
MARKUS 14:9
“Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!”
Verken MARKUS 14:9
4
MARKUS 14:34
en Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe! Bly hier en waak!”
Verken MARKUS 14:34
5
MARKUS 14:22
Terwyl hulle besig was om te eet, het Jesus brood geneem en God se seën daarop gevra. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit aan sy dissipels met die woorde: “Neem en eet dit. Dit is my liggaam.”
Verken MARKUS 14:22
6
MARKUS 14:23-24
Hy het ook die beker geneem en God daarvoor gedank. Hy het dit aan hulle gegee en hulle het almal daaruit gedrink. Hy sê toe vir hulle: “Dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet.
Verken MARKUS 14:23-24
7
MARKUS 14:27
Jesus sê toe vir hulle: “Julle gaan almal julle rug op My draai. Daar staan immers geskryf: ‘Ek sal die skaapwagter doodmaak, en die skape sal uitmekaargejaag word.’
Verken MARKUS 14:27
8
MARKUS 14:42
Staan op, ons moet gaan. Kyk, my verraaier is hier.”
Verken MARKUS 14:42
9
MARKUS 14:30
Jesus antwoord hom: “Glo My, Petrus, vannag nog, voor die tweede kraai van die haan, sal jy drie keer ontken dat jy my dissipel is.”
Verken MARKUS 14:30
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's