Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 37:23

Bybelse Beginsels Om In Entrepreneurskap Te Floreer
4 Dae
As God jou geroep het om 'n entrepreneur te wees, het Hy jou geroep om in die sakewêreld te floreer. Daar is egter 'n groot verskil tussen idees en om te floreer. As hierdie gaping nie oorbrug word nie, sal jy maklik gefrustreerd raak met die idee en met God. Hierdie 4-dag leesplan bied Skriftuurlike leiding om die basiese beginsels te leer hoe om in entrepreneurskap te floreer.

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

Mislukking Is Nie Die Einde Nie
7 Dae
Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.