Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 19:11

Mediteer & Perkoleer: Laat God se Woord jou Leefstyl Vorm
5 Dae
Hierdie 5-dagleesplan neem jou op ’n praktiese reis in Bybelse meditasie. In ’n besige wêreld leer jy hoe om die Woord van God nie net te lees nie, maar dit te laat perkoleer – soos goeie koffie tyd nodig het om sy volle geur vry te stel. Deur kort Skrifgedeeltes, alledaagse voorbeelde en toepaslike insigte ontdek jy hoe om God se waarheid stadig, konsekwent en diep in jou gedagtes en lewe te laat insypel. Hierdie leesplan help jou om geestelike groei te beleef sonder oorweldiging, en om die Woord van God ’n natuurlike deel van jou daaglikse leefstyl te maak.

Wat Van Uitgaan?
7 dae
Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verhoudinge praat. Jy mag jou dalk verbaas oor hoeveel Hy te sê het.

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid
16 Dae
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.

30 Dae in Psalms
30 Dae
Die boek Psalms bevat 150 gedigte en liedere. Dit is gedigte wat die pyn, vrees, vreugde en hoop uitdruk van mense wat hul vertroue in God stel. Hierdie 30-dae leesplan nooi jou uit om te ontdek hoe die eeueoue woorde jou kan help om jou eie emosies uit te druk, nuwe hoop te vind en jou geloof te versterk.