Die Bybeltoep is heeltemal gratis, met geen advertensies en geen inprogram-aankope nie. Kry die Bybeltoep
Mediteer & Perkoleer: Laat God se Woord jou Leefstyl Vorm

5 Dae
Hierdie 5-dagleesplan neem jou op ’n praktiese reis in Bybelse meditasie. In ’n besige wêreld leer jy hoe om die Woord van God nie net te lees nie, maar dit te laat perkoleer – soos goeie koffie tyd nodig het om sy volle geur vry te stel. Deur kort Skrifgedeeltes, alledaagse voorbeelde en toepaslike insigte ontdek jy hoe om God se waarheid stadig, konsekwent en diep in jou gedagtes en lewe te laat insypel. Hierdie leesplan help jou om geestelike groei te beleef sonder oorweldiging, en om die Woord van God ’n natuurlike deel van jou daaglikse leefstyl te maak.
Ons wil graag Radiokansel bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.radiokansel.co.za




