Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 127:2

Leef met vrede, vreugde en hoop
4 Dae
Hierdie vier dae herinner jou daaraan dat God in beheer is – selfs wanneer jy slaap! Hy sorg vir jou in elke omstandigheid en nooi jou om met sy vrede, vreugde en hoop te leef. Ontdek hoe geloof jou kan leer om te vertrou, aan te pas, fees te vier en nuwe hoop te vind – selfs te midde van uitdagende tye.

Onwrikbare Ma's
6 dae
Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en verf hou nie baie lank nie. Ons kan nie vir altyd agter 'n masker skuil nie. Dit is hoog tyd dat ons toelaat dat Jesus ons sterk maak en in sy liefde anker.

Goddelike Tydsbestuur
6 Dae
Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd vertrou. In hierdie 6-dag leesplan sal jy leer hoe 'n Godgesentreerde benadering tot tydsbestuur daartoe lei dat jy alle goeie dinge wat Hy vir jou wil gee, insluitend sy vreugde en vrede, kan ontvang.

'n Beter Weg
7 Dae
Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.

Oorvloedige Lewe in Die Pelgrims Psalms
15 Dae
Die uitnodiging na die Oorvloedige Lewe is sentraal tot God se plan en belofte vir die mensdom. Die Bybel is gevul met ryk beelde van die vervullende lewe wat God ons bied in Jesus – ‘n lewe van vrede en vreugde. Maar hoe floreer mens in ‘n wisselvallige wêreld? In hierdie eerste leesplan in die reeks kyk ons hoe Israel deur die eeue getroue getuies van die verbond van vrede was. Die Pelgrims-Psalms (120-134) was sentraal tot hul geloof en essensieel vir hul identiteit as die volk van God. Hierdie gebede bied vandag steeds so baie krag en hoop.