Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 126:5

Die Laaste Vier deur Craig Groeschel
4 Dae
Het jy al ooit gewonder wat in die denke van 'n leraar aangaan? Wel, hier is jou kans! Die stigter en senior pastoor van Life.Church, Craig Groeschel, gee ons 'n intieme kykie na sy daaglikse roetine wanneer hy die laaste vier verse lees wat hy in sy Bybel gekleurmerk het. Laat jou denke toe om vernuwe te word terwyl jy die Skrifgedeeltes saam met hom lees en uitvind hoekom hy gekies het om hulle in die eerste plek te kleurmerk.

Vreugde
5 Dae
Vreugde is die grondslag van die Christelike geloof. Jou geluk groei as jy God ontmoet en op sy Woord mediteer. Wanneer jy die volgende verse memoriseer, kan dit jou help om meer vreugde uit die lewe te put! Laat jou lewe verander word deur die Skrif te memoriseer! Om meer te leer oor hoe om dit te doen, besoek: http://www. MemLok. com

Bemoedigende Woorde
10 dae
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.