Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:2

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te Bid
5 Dae
Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een miljard mense. Sluit aan by die 5-dag leesplan om die Woord te lees saam met maklike en effektiewe metodes om vir mense te bid wat nie 'n Bybel het nie.

Selfs Stilte Is Lofprysing
5 Dae
Hierdie vyf daaglikse oordenkings is gebaseer op Rick Hamlin se boek, “Silence Is Praise: Quiet Your Mind and Awaken Your Soul with Christian Meditation”. Stilte spreek boekdele en word 'n hulpmiddel vir alle volgelinge van Jesus.

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af Aan
7 Dae
Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan help om jou huwelik teen mislukking te beskerm: Soek God; stry regverdig; hê pret; bly eerbaar; en moet nooit moed opgee nie. Begin nou en kry die huwelik wat jy nog altyd wou hê — van hierdie dag vorentoe.

Die Bybel: 'n Verduideliking
7 Dae
Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel is, hoekom dit saak maak, en hoe jy dit vandag kan verstaan. Ons sal ook ontdek hoe jy God se Woord in sy wêreld kan aanwend.

Goddelike Ambisie
7 dae
Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus het self gesê dat dié wat Hom liefhet, sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die "Gehoorsaamheid" leesplan werk deur die Bybelverse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteit te hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, ons lewens seën en meer.

Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.