Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 2:8

'n Lewe van Integriteit
4 dae
Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in ooreenstemming met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels om 'n lewe van integriteit te ontwikkel.

God Lei Jou
4 dae
In hierdie Bybelleesplan sal lesers in die Skrif die baie maniere ontdek hoe God sy kinders lei. Namate jy die lewe se bergpiek-, vallei- of wildernis-ervaringe deurreis, kan jy vandag bemoedig wees dat God jou sal lei!

Skep ruimte
8 Dae
In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

Vra, Dink, Verbeel Jou
22 Dae
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.