Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 3:19

Follow, Fellowship, Fish
4 Dae
Elke kind van God is geroep om Jesus te volg, verhouding te bou met ander gelowiges, en verlorenes te bereik met die Goeie Nuus. Gelukkig hoef ons nie hierdie te doen deur ons eie krag nie, of op ons eie nie! Hierdie leesplan gaan jou bemoedig en uitdaag om te 'Follow', 'Fellowship' en 'Fish'.

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons Almal
6 dae
Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

Groei in geloof
7 Dae
Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!

Kos
7 Dae
Kos kan net soos enigiets anders 'n afgod wees. Dit kan jou denke, ingesteldheid en optrede heeltemal in beslag neem. Sommige mense verafgod kos deur te veel te eet en ander weer deur nie genoeg te eet nie. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om 'n gesonde siening oor kos te kry deur die Bybel, die "brood van die lewe". Verdere inligting is beskikbaar by finds.life.church

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.