Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:3

Bloedsuiers in Verhoudinge
5 Dae
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".

Vryheid van Sonde
5 Dae
Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om anders te leef. Ons kan vasstaan in die hoop dat, ongeag wat ons ook al in ons lewens gedoen het, is daar geen sonde wat God nie sal vergewe nie.

Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te Wen
5 Dae
Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies die teenoorgestelde. Vir paartjies om werklik die huwelik volgens God se bedoeling te ervaar, moet hulle Hom insluit. In hierdie leesplan neem Treal Ravenel jou op 'n reis hoe om die huwelik te beleef soos God dit beoog het.

Onwrikbaar, Met Lisa Bevere
6 Dae
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.