Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:2

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
4 Dae
Matteus 7 is die slot van Jesus se Bergprediking en roep ons op tot onderskeiding, selfondersoek en gehoorsaamheid. Jesus waarsku teen huigelary, moedig opregte geloof aan, en herinner ons aan die realiteit van oordeel. Hierdie hoofstuk gaan oor hoe ons met ander omgaan, maar ook oor ons verhouding met God. Dit sluit af met ’n duidelike keuse: bou jou lewe op die rots van Christus of op die sand van eiegeregtigheid. Hierdie leesplan neem jou daagliks deur Matteus 7 en help jou om Jesus se woorde nie net te hoor nie, maar opreg te leef.

Here, Help My Om Te Vergewe
4 Dae
Dis ’n gefokusde vier-dagleesplan wat ’n Bybelse begrip van vergifnis bou en lesers toerus met praktiese stappe om dit in die daaglikse lewe en verhoudings toe te pas. Die leesplan sal lesers help om 'n hart van vergifnis te kweek en leer om in die vryheid van vergifnis te wandel.

Vryheid van Sonde
5 Dae
Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om anders te leef. Ons kan vasstaan in die hoop dat, ongeag wat ons ook al in ons lewens gedoen het, is daar geen sonde wat God nie sal vergewe nie.

Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te Wen
5 Dae
Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies die teenoorgestelde. Vir paartjies om werklik die huwelik volgens God se bedoeling te ervaar, moet hulle Hom insluit. In hierdie leesplan neem Treal Ravenel jou op 'n reis hoe om die huwelik te beleef soos God dit beoog het.

Onwrikbaar, Met Lisa Bevere
6 Dae
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.
