Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:29

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
4 Dae
Matteus 7 is die slot van Jesus se Bergprediking en roep ons op tot onderskeiding, selfondersoek en gehoorsaamheid. Jesus waarsku teen huigelary, moedig opregte geloof aan, en herinner ons aan die realiteit van oordeel. Hierdie hoofstuk gaan oor hoe ons met ander omgaan, maar ook oor ons verhouding met God. Dit sluit af met ’n duidelike keuse: bou jou lewe op die rots van Christus of op die sand van eiegeregtigheid. Hierdie leesplan neem jou daagliks deur Matteus 7 en help jou om Jesus se woorde nie net te hoor nie, maar opreg te leef.

Tony Evans Onderrig oor Bibliologie
5 Dae
Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus gesag in die koninkryk van God in sy reëlboek, die Bybel. In hierdie 5-dag leesplan stel dr. Tony Evans jou bekend aan bibliologie: die studie van die Bybel.

Verkry Goddelike Wysheid
5 Dae
Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysheid eintlik is en hoe om dit te bekom.

Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Kultiveer Lewe by Jou Werk
10 Dae
Om ’n volgeling van Jesus te wees en in die markplek te lei, moet ek verseker dat daar ’n florerende, lewegewende kultuur is vir die mense waarvoor ek verantwoordelik is. Om ’n lewegewende kultuur te kweek waarin mense kan floreer, moet ek ’n kultuurargitek word. ’n Kultuurargitek volg doelbewus ’n Bybelsgeïnspireerde bloudruk om ’n kultuur te ontwerp wat mense in staat stel om vrywillig die beste van wat hulle het, aan hul werkplek te gee. Hierdie studie bied vir jou ’n Bybelse bloudruk gebaseer op die boek "Cultivate with Intent" van Hermann du Plessis.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.