Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:1

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
4 Dae
Matteus 7 is die slot van Jesus se Bergprediking en roep ons op tot onderskeiding, selfondersoek en gehoorsaamheid. Jesus waarsku teen huigelary, moedig opregte geloof aan, en herinner ons aan die realiteit van oordeel. Hierdie hoofstuk gaan oor hoe ons met ander omgaan, maar ook oor ons verhouding met God. Dit sluit af met ’n duidelike keuse: bou jou lewe op die rots van Christus of op die sand van eiegeregtigheid. Hierdie leesplan neem jou daagliks deur Matteus 7 en help jou om Jesus se woorde nie net te hoor nie, maar opreg te leef.

Vryheid van Sonde
5 Dae
Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om anders te leef. Ons kan vasstaan in die hoop dat, ongeag wat ons ook al in ons lewens gedoen het, is daar geen sonde wat God nie sal vergewe nie.

Onwrikbaar, Met Lisa Bevere
6 Dae
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.

Koeke en terte
7 dae
Vir mense wat vir hulself kan lag. Susan Coetzer takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself en ander te leer waardeer.

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.