Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:23

Ek Is Vrygewig
4 dae
Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Dit Is Wat Ons Doen
4 dae
Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.

Hou Op Om Bekommerd Te Wees
4 Dae
As jy lewend is, sukkel jy waarskynlik met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius
4 Dae
Matteus 6 vorm deel van Jesus se Bergpredikasie en fokus op die innerlike motiewe agter godsdienstige praktyke. In hierdie hoofstuk leer Jesus dat ware geregtigheid nie gaan oor uiterlike vertoon nie, maar oor opregte gehoorsaamheid voor God, selfs (en veral) as niemand kyk nie. Hierdie leesplan van vier dae help jou om Matteus 6 deeglik te verstaan: wat dit beteken om voor God te leef, nie vir die goedkeuring van mense nie; en hoe ware geestelike volwassenheid in die verborge plek gevorm word.

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson
5 dae
Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. Elke dag bevat Bybelverse, ’n gedagte vir die dag en ’n “oefening vir die dag”. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se “’n Dieper verhouding met God”.

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.

Angstig Oor Geld
5 Dae
Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verken wat die Bybel oor ons finansies sê, en praktiese stappe ontdek waarmee ons vorentoe kan beweeg.

Beter As Normaal
5 Dae
Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie altyd gesond nie. In hierdie leesplan gaan ons God se Woord bestudeer oor hoe om verby 'n normale leefwyse te beweeg en veranderinge aan te bring, sodat ons beter as normaal kan leef.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.

Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

EEN DING
7 Dae
Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan hanteer. Is dit die aard van hierdie moderne wêreld? Hoe vertraag ons die pas in so 'n vinnige omgewing? Psalm 27:4 het die antwoord – EEN DING, met Pastoor Andrew Cartledge.

Veg Terug
10 Dae
Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar weer ander vyande waaroor God jou bemagtig om self oor te heers. Verlossing is wat God binne-in jou doen; heerskappy is wat Hy deur jou doen.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.