Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 28:16

Die Ten Diepste Gevormde Lewe
5 Dae
Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.

WIE sê JY is EK?
5 Dae
Het jy al ooit besef hoe jy, nadat jy iemand 'n rukkie geken het, steeds nuwe dinge oor hulle leer en hulle elke nou en dan in 'n ander lig sien? Jesus is gister, vandag en vir ewig dieselfde. Tog, soos ons Hom beter leer ken, word ons verander. Kom saam met ons op 'n vyf-dag-reis van verandering en ontdek vir jouself wie Jesus is.

God Met Ons
6 dae
Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierdie Life.Chruch-leesplan, wat deel uitmaak van Pastoor Craig Groeschel se reeks: God Met Ons.

Krygsman
6 dae
Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church leesplan, bykomend tot Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Warrior", sal jou oproep om jou doel te vind, huiwering uit te daag, wonde te genees, verslawing te beveg en as 'n kampioen te seëvier.

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Vertrou op die Here!
7 Dae
Om elke dag op God te vertrou, is nie altyd maklik nie. Maar herinner jouself om nie in God se genade te twyfel wanneer jy voor probleme te staan kom nie. Glo dat Hy jou in moeilike tye net so liefhet as in gelukkige tye. Laat jou bekommernisse in die hande van ’n genadige God. Moenie ontsteld wees nie. Wat ook al gebeur, jy sal veilig wees by God.

Die Evangelie Van Matteus - Vervul in Jesus
8 Dae
Wat ons oor die evangelie glo is van ewigheidswaarde, en dit bepaal ook die koers van jou lewe op aarde. So, wat is die evangelie? Matteus se goeie nuus is die verhaal van hoe Jesus al die beloftes en doelwitte van God met Israël vervul het. Hy wys hoe Jesus deur Israel se geskiedenis geloop het om God se reddingsplan te voltooi. Ons is so vertroud met die gelykenisse en wonderwerke in hierdie Evangelie, maar ons het die evangelis se groot storie van Jesus heeltemal gemis. Dit is beide vertroostend en uitdagend, en sal jou werklik verstom.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels
9 Dae
Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."

Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag
10 Dae
Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.

Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te Vind
10 Dae
Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

Dapper Kinders
28 Dae
Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.