Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 15:8

Vyande van die Hart
5 Dae
Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help om selfondersoek te doen oor die vier algemene vyande van die hart — skuldgevoelens, woede, gierigheid en jaloesie — en jou leer hoe om daarvan ontslae te raak.

Bloedsuiers in Verhoudinge
5 Dae
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".

Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te Vermy
5 dae
Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons verhoudings, finansies en loopbane gehad het? Hoe sou hulle lyk? Hoe kan hulle ons teen toekomstige berou beskerm? Oor die volgende vyf dae gaan ons kyk hoe jy persoonlike skutrelings kan opstel.

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes
7 Dae
Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbidding, getrouheid en die vorming van karakter. Oordenkings is uit 365 artikels in die NIV Lifehacks Bybel saamgestel.

Sewe Eienskappe Van God
7 Dae
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.