Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 24:15

Hoe om in God se wil te leef
3 Dae
Dit is nie 'n geheim hoe om volgens die wil van God te lewe nie. Soms is ons tog so bang dat ons iets buite sy wil gaan doen dat die vrees ons verlam en ons tot stilstand kom. Neem kennis: God wil jou volgens sy volmaakte wil lei, en al raak jy die pad byster, is Hy magtig genoeg om jou weer op die regte pad te kry. Daar is net twee maniere om buite die wil van God te gaan …

Om Sin te Maak van Jou Lewe
3 Dae
Die lewe kan onvoorspelbaar en verwarrend wees, selfs wanneer ons God dien. Soms lyk dit of dinge buite beheer is, wat ons laat wonder wat in die wêreld aangaan! As jy al ooit so gevoel het of dat dit jou verward laat, is hierdie leesplan deur Pastoor Jim Cymbala net vir jou!

Koester jou hartsmense
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels kom uit die boek "Know Your Why" deur Ken Costa.

Verhoudingsdoelwitte
7 Dae
Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Church leesplan, geskryf deur mense wat wissel van enkellopend tot pasgetroud tot lank getroud, sal die tipe liefde wat God vir alle verhoudings kan bied, uitlig.

Landbouweekblad Hart tot hart
7 dae
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Ds. van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie.

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde Mans
7 Dae
God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken nie, kan hulle nie deur Christus se voorbeeld lei nie. Hierdie toewyding sal sewe effektiewe gebede verskaf wat vrouens vir hul ongeredde mans kan bid sodat hulle tot die kennis van God se waarheid kan kom.

Die Alfabet Van Oorvloed
7 dae
’n Oorvloed lewenservarings vertel van die genade wat God vir jou het. Dié groeiplan maak jou bewus van hierdie ervarings. Dit wys vir jou dat jy in die gewone loop van ’n dag ook genade kan vind. Maak vir jou ’n koppie koffie of tee en word stil by God. Laat die gloed van sy teenwoordigheid deursyfer tot teen jou vel, tot in jou hart en in jou gedagtes.

Ek Kies
12 Dae
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
21 Dae
Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
30 Dae
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

Die Nalatenskapsreis
31 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.